Skreeusnaaks

HIERDIE is flippin skreeusnaaks, ek moes dit net vir julle “link”. Gaan lees dit!

Toppunt van stupid?

(On September 17, 1994, Alabama’s Heather Whitestone was selected as Miss America 1995.)

Question: If you could live forever, would you and why?

Answer: “I would not live forever, because we should not live forever, because if we were supposed to live forever, then we would live forever, but we cannot live forever, which is why I would not live forever,”

Miss Alabama in the 1994 Miss USA contest.

 

“Whenever I watch TV and see those poor starving kids all over the world, I can’t help but cry. I mean I’d love to be skinny like that, but not with all those flies and death and stuff.”

Mariah Carey

 

“Smoking kills. If you’re killed, you’ve lost a very important part of your life,”

Brooke Shields, during an interview to become spokesperson for a federal anti-smoking campaign .

 

“I’ve never had major knee surgery on any other part of my body,”

Winston Bennett, University of Kentucky basketball forward.

 

“Outside of the killings, Washington has one of the lowest crime rates in the country,”

Mayor Marion Barry, Washington , DC .

 

“It isn’t pollution that’s harming the environment. It’s the impurities in our air and water that are doing it.”

Al Gore, Vice President

 

“I love California . I practically grew up in Phoenix .”

Dan Quayle

 

“We’ve got to pause and ask ourselves: How much clean air do we need?”

Lee Iacocca

 

“The word “genius” isn’t applicable in football. A genius is a guy like Norman Einstein..”

Joe Theisman, NFL football quarterback & sports analyst.

 

“We don’t necessarily discriminate. We simply exclude certain types of people.”

Colonel Gerald Wellman, ROTC Instructor.

 

“Your food stamps will be stopped effective March 1992 because we received notice that you passed away. May God bless you. You may reapply if there is a change in your circumstances.”

Department of Social Services, Greenville , South Carolina

 

“Traditionally, most of Australia’s imports come from overseas.”

Keppel Enderbery

 

“If somebody has a bad heart, they can plug this jack in at night as they go to bed and it will monitor their heart throughout the night. And the next morning, when they wake up dead, there’ll be a record.”

Mark S. Fowler, FCC Chairman

 

En dan het ons gedink ons het narre in hoë posisies in ons land!

Onvergeetlik

Die blog inskrywings wat my altyd sal bybly, het Merrieperd gevra.

Dis ‘n helse taak, want ek lees al 3 jaar lank blogs en van die snaaksste, roerendste en insiggewendste inskrywings is deur mense gedoen wat nie meer blog nie, hul blogs delete het of dit op privaat gestel het. Hier dink ek aan mense soos Roer, Ding, die Reverend en ook Bertus se inskrywing oor dolfyne. Daar is inskrywings wat nou beskerm word wat ek nooit sal vergeet nie en dankbaar is dat ek dit wel kon lees, soos Vlam se Brief vir Pa.

Daar is ook inskrywings wat reeds genoem is, soos die by Dellie en Girl.

Ek sal meer as een inskrywing nodig hê as ek almal moet opnoem wat my hart geraak het of my lagspiere oortyd laat werk het. Ek gaan dus volstaan by die wat ek nog altyd sommer so uit die vuis uit kan onthou.

Demoerin, ek noem hierdie met die grootste respek en deernis, maar hierdie inskrywing van jou kon ek nog nooit vergeet nie. Dit het my aangeraak soos min ander.

Dan was daar ook

Cara se ipod farewell

BiB se splintersiel

Skoor se Ode

George se Daar is net die dans

Verbode liefde van Rosalind

Labmuis se ongeposte brief

BB se skrywe hier

Voetjies se hartseer storie oor ‘n straatnaam

BiB se brief aan Stefan

Nikita se plek in Afrika

Gaan lees hulle self, niks wat ek sê of vertel sal reg laat geskied aan die oorspronklike inskrywings nie. Hierdie is almal vir my besonders en ek het al vele male teruggekeer om dit weer te lees. Dis skrywes wat hopelik nooit verlore sal gaan nie.

Laastens, maar nie die minste nie, en in veel ligter luim, het ek Flintie se gesig ene omtrent geniet. Doet so voort!

Is sy doof?

PJ se post oor manne wat “groom” met parfuum en room, het my weer van een van my en Lisa, my sus, se eskapades laat onthou. Snaaks hoe iets soms ‘n lank reeds weggeberê onthou kan trigger.

Omdat ons op die plaas grootgeword het, het ons maar altyd stad (of dan voorstede) se kant toe geneig as ons wou ‘uitgaan’. Dié aand is ons na ‘n destydse disko, ek dink die plek se naam was Soundwave, die keer net ek en sy. Ons was (en is nog steeds) mal oor dans en het niks daarvan gedink om meisie-alleen te gaan dans nie. Ons het gewoonlik nie gesukkel om dansmaats te kry nie en ons is mooi geleer van al die gevare.

Ons het niks wat oop is by enige iemand gevat om te drink nie en ons het gou ontslae geraak van lasposse. Ek glo nie onse ma het haar ooit bekommer dat ons iets geweldadigs sal oorkom omdat ons meisies is nie, maar dalk wel omdat ons iemand te ver gedryf het met ons gekskeerdery.

Ons het die lewe lig gevat en die ouens nog ligter. (Ek dink ons word vandag nog gestraf daaroor)  :-)

Alle geval, ons kom toe laterig by die dansplek aan en die beste tafels is reeds gevat. Uiteindelik kry ons sitplek amper reg by een van daai massiewe luidsprekers, met die gevolg dat ons mekaar nie juis kon hoor praat nie. As iemand ons vra om te dans, steek hulle mos maar net ‘n hand uit, so praat is ook nie juis nodig nie. As ek en Lisa vir mekaar iets wil sê, dan sein ons dit in vingertaal. Dié het ons jare terug leer praat by ‘n dowe oom, ‘n vriend van ons ma-hulle. Deur die jare het ons baie pret gehad met die vinger-pratery, want julle kan nou net dink wat mens alles kan praat as ander jou nie kan verstaan nie!

So ent weg van ons tafel, was daar ‘n hengse groot spieël teen die muur. So met verloop van die aand, merk ons later hierdie een ou op wat net nie kan ophou by die spieël verbyloop sonder om homself te bekyk, sy hare reg te druk met sy vingers en sommer net in die algemeen te pronk nie. Hy was nogal sag op die oog, maar duidelik heel verlief op homself. Hy moes seker agtergekom het ons kyk vir hom en dit interpreteer het as belangstelling, min wetende wat ons werklik dink.

Toe ek agterkom hy “eye” ons, sein ek vir Lisa ek het nie lus vir hom nie. Sy sein terug sy ook nie, want sy sien nie kans vir iemand wat langer voor die spieël gaan deurbring as syself nie. Ons lag nog daaroor, toe tik hy my op die skouer.

Ek kyk om en hy sak af en skree-vra in my oor; “Is sy doof?” Ek besef hy moes my vroeër met ‘n bekende gesien praat het, maar dat Lisa nog met niemand gepraat het nie en die duiwel kom sit natuurlik blitsig en vierkantig op my skouer.

“Ja, sy is.”

Intussen het die musiek opgehou en hy praat sagter. ”Nou hoe kan sy dan dans as sy nie die musiek kan hoor nie?”

Aha, jy het ‘n bietjie breins, dink ek, maar ek flinkdink en antwoord; “Sy voel die maat van die musiek aan deur die trillings in die vloer. Dowe mense se gevoels- en ander sintuie is baie goed ontwikkel.”

“Oo.” En die sot glo my!

Ek sien Lisa is dik van die lag en die duiwel dans ‘n riel hier op my skouers. Net voor die musiek weer begin, sê ek vir hom; “Maar sy verstaan lippetaal ook, jy moet net reguit vir haar kyk en jou woorde baie duidelik en rond vorm.” En ek demonstreer vir hom met BAIE beweeglike lippe.

“Okay.” En hy maak hom sommer tuis, langs my en regoor haar, leun oor en begin:

“H-e-l-l-o,  e-k  i-s  K-o-b-u-s.” Ensovoorts.

Maar toe Lisa hom begin terug antwoord op dieselfde gapende-vis-op-droë-grond manier in so ‘n dooie toonlose stemtoon, moet ek vinnig sluk aan die lag en is te dankbaar toe ek ‘n hand sien wat my vra vir die dans.

Terug na my dans, sit hy nog steeds asof hy geplant is en klank sy woorde asof hy Graad 1′s leer spel. Sy vinger-sein vir my; “Fok, ek raak moeg net om vir sy gapende mond te kyk. Maak ‘n plan!” Hy wil weet wat sy sê. Ek antwoord; “Sy sê jy is moerse nice.”

Hy vat-vat weer so aan sy hare en lyk vreeslik ingenome en sien nie eers sy lyk of sy my kan moor nie. Nodeloos om te sê, ons is nie lank daarna nie huis toe. Die ou wou nog adresse uitruil, toe spel Lisa vir my sy bliksem my as ons nie dadelik verskoning maak nie en toe ons buite kom, laat sy my duidelik verstaan:

“Volgende keer is JY die dowe een wat opgesaal word met die idioot!”

Dit was toe ook die volgende keer so, maar dié keer was ons in die kerk en ek het die ‘idioot’ (nie dieselfde een as hierbo nie!) toe later beter leer ken en so baie ge-like dat ek vier jaar lank met hom uitgegaan het!

Italiaanse Engel

httpv://www.youtube.com/watch?v=LeCzuW5NyyQ

Verlange herhaal

Vlam het my vanaand ver teruggevat toe sy skryf oor ‘n inskrywing wat ek in Maart 2008 op my ou blog gedoen het. Aangesien my Muse nog nie agtergekom het Krismis en Nuwejaar is lankal verby nie en nog al die pad vakansie hou en ek dus nog steeds kreatief ‘n zero is, herhaal ek die inskrywing hier, vir die wat dit nooit raakgelees het nie.

 

Verlange lê in ‘n reuk.

Verlange na ‘n geliefde wat dood of sommer net weg is, as die reuk van daardie persoon se parfuum of naskeermiddel skielik tussen ander mense verby jou warrel. Jy ruk tot stilstand en die onthou hardloop bo-oor jou. Jy vergeet waarheen jy oppad was of waarvandaan jy gekom het. Jy staan in jou spore versteen en jy lewe ‘n halwe leeftyd in sekondes. Mense loop in jou vas en jy beweeg soos ‘n slaapwandelaar vorentoe, maar die wond bloei rooi, die roof is weg, al het jy gedink dis lankal gesond. En soos jy loop, bloei jou hart uit agter jou. As mense kon sien, sou hulle jou bloedspoor kon volg. Maar mense sien nie.

Leegkop

My kop is deesdae kreatief so leeg, ek kan net sowel my hare blonde dye (with all due respect to natural blondes!)

Ek werk weer, ja, maar ek wil nog nie daaroor praat nie. Kyk die kat nog eers uit die boom uit en maak seker dis nie ‘n tierkat met skerp naels nie. Op die oomblik geniet ek myself en het vandag met iemand kennis gemaak wat finansiële advies gee aan ons adjunk-president. Ja ja, ek wil niks weet van julle kommentaar daaroor nie. Die ou is moerse nice en net so interessant. IEMAND moet tog sy werk ook doen. (ek praat van die ou wat ek ontmoet het, nie sy kliënt nie!)

Verder is ek vrek jaloers op my meisiekind wat een van die dae al die stad se stres gaan vaarwel roep. Ek sal my voortande gee (dan is ek sommer ‘n regte, egte Capey) om, ten minste vir ‘n ruk lank, iewers in die Karoo te gaan ‘chill’. Is daar nie iewers op ‘n plaas ‘n ou tannie wat ek kan gaan geselskap hou of dalk ‘n boer wie se kantoor ‘n regruk kos nie?

Elk geval, gisteroggend stuur sy vir my hierdie gediggie wat sy sommer aanmekaar geslaan het toe sy by die werk kom. Soms verstom mens se kinders jou nog steeds, al is hulle hoe oud.

Megan se gedig  

Ek is laat vir werk en jaag op my scooter

dat my hare agter my wapper soos superman

se mantel in die wind.

 

Al wat ‘n robot is slaan vanoggend met my aankoms rooi.

Dis toe dat ek myself stilstaande

met ‘n glimlag op my gesig bevind.

 

Oral om my is gesigte wat moedeloos lyk

vir die allerdaagse gejaag na iets…

en die verkeer.

 

Hier en daar luister van hulle musiek

om hul mood bietjie op te cheer.

 

Die robot slaan groen en sommige skarrel nog om rat te kry,

die een toet oor die ander nie vinnig genoeg ry.

 

Skielik raak hierdie pad ‘n herinnering van wat voorlê

en ek voel minder gejaagd en meer vry.

 

Ek is reeds verlos van hierdie pad,

wat ek en die geel Vuka so raas-raas daagliks aanvat.

My nuwe woning is reeds die Karoo,

ek is nou net hier om afskeid te neem van die stad.

 

So vaarwel my werk, my inkomste en my vrees,

ek verlos julle met geen huiwer.

Ek verruil julle vir ‘n bietjie vrede,

‘n uitsig so onbelemmer

en die Karoo lug… so suiwer.

Ja hel, mens kan maar net wens, né

Ware woorde

‘n Oog vir ‘n oog maak uiteindelik net die hele

wêreld blind!

(Mahatma Gandhi)

Lewensvreugde oppi stofpad

Of ons paaie gelykloop, of dit teerpad, ongelykpad of grondpad is, mag ons altyd ons lewensvreugde behou!

 

A PICTURE PAINTS A THOUSAND WORDS!

Net ‘n opmerking

As my Muse soms AWOL, gaan kuier ek vir Die Wit Rus. Sy opinie kon vandag net sowel myne ook gewees het:

Net ‘n opmerking

Anton Goosen se liedjie “Brief vir Simone” is een van die mooistes wat ek ken. Al dink ek oom Anton sal deesdae eerder op die Hilbrow toring sit en wegkruip vir die Nigeriërs as om te dig, was dit darem so bietjie anders in sy tyd.

In bogenoemde meesterstuk praat hy van ‘freudiaanse insekuriteit’. Ek het nou al oral gesoek na ‘n definisie vir hierdie term, maar met geen sukses. Freud was ‘n mal bliksem en party van sy sienings is heel onverstaanbaar. My eie afleiding is dat dit iets te doen het met onsekerheid oor jouself en die toekoms. ‘n Tipe van verlange na ‘n tyd toe dinge beter gegaan het. Jy dink; gaan dit ooit weer so goed gaan soos tóé? Dit kan volgens my geassosieer word met nostalgiese verwyt, ‘n verwyt oor wat kon gewees het as jy die status quo kon handhaaf tot op hede en ‘n wete dat dit nooit weer presies so ideaal sal wees soos hoe jy dit onthou nie. Ek hoop van harte ek het die term reg verstaan en geanaliseer, oom Anton (en Freud) sal seker nie omgee as ek die pot so ‘n bietjie mis gesit het nie.

Die rede hoekom hierdie term my so aangryp, is dat ek myself pas gediagnoseer het met chroniese freudiaanse insekuriteit. Dit beklemtoon my vrees vir verandering. Ek kan nagte om droom oor hoe goed ‘n situasie was en selfs kon gewees het en dan net so maklik miskyk hoe lekker die toekoms kan wees. Dit is verkeerd om so in die verlede te leef maar mens kan ook nie ‘n totale ‘laizes faire’ houding hê oor wat was nie, dis partykeer goed om uit die geskiedenis te leer maar meer belangrik om nie aanhoudend oor gedane sake te tob nie.

Ek hou daarvan om só oor denkwyses te redeneer. Jy sien, ons is op hierdie aarde gesit sonder ‘n ‘users-manual’ vir die lewe. Daar is riglyne, maar meeste van die oplossings moet ons self uitdink. Dit is een van die redes hoekom dit so belangrik is om kennis in te samel. Hoe meer informasie jy het om deur te sif, hoe meer tips tel jy op vir ‘n suksesvoller lewe. Met meer teoretiese kennis van die kanonballe wat die lewe na jou kant toe skiet kan jy ‘n beter praktiese strateeg word en hulle tot jou voordeel gebruik.

Neem maar die volgende aanhaling deur Satchel Paige -

“Work like you don’t need the money, love like you’ve never been hurt and dance like nobody’s watching”.

Almal van ons kan die wysheid in die woorde sien, maar dit bly ons verantwoordelikheid om ons eie weergawe daarvan te vorm. Dit is wat kennis so dimensioneel maak. Of ons dit nou soos Freud analiseer of dit op die proef stel, dit moet aangepas word. Jy kan tog nie letterlik werk asof jy nie die geld nodig het nie – jy sal ge’fire’ word. Of dans asof niemand kyk nie – jy mag dalk gemoer word.

Die enigste stuk uit die aanhaling wat ons letterlik kan opneem is om lief te hê asof ons nog nie seergekry het nie. Elke verhouding het sy eie stel reëls. As jy vorige verhoudings op ‘n nuwe een gaan toepas, is jy en jou verhouding in die moeilikheid.

Maar dis net my opinie (en die Witrus s’n).

Met dank vir die gebruik hiervan aan – http://www.diewitrus.co.za

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.