Vir duidelikheid

Net ter wille van die wat gewonder en gevra het – hierdie blog is my http://www.sonkind.co.za (Sonkind) blog wat ek hierheen ge-export het, nadat ek Sonkind toegemaak het. Ek het so baie van my hart in Sonkind ingeskryf, dat ek dit nie kon regkry om alles sommer net te verloor nie en ook het ander bloggers [...]

Ek is NIE jou mamma nie!

Ek het besluit hierdie gaan my jaar vir meer reguit praat wees en daar is iets wat my al lankal krap. Ek gaan nou seker my kop in ‘n lekker byenes indruk, maar waddehel. Almal kan in elk geval nie saamstem as ons ‘n ordentlike debat wil voer nie. Hoekom is Afrikaanse mans so lief [...]

So ry die trein, ja

Ek, vir een, voel ‘n kontinentale veer vir die Sokker Wêreldbeker. As dit dalk krieket was, ja. Of ‘n Olimpiese Spele. Maar sokker is nie ‘n sport wat my op enige manier aantrek nie en ek gaan nie maak asof ek met hierdie moerse ingehoue asem nie kan wag vir die groot gebeurtenis om te [...]

Leegkop

My kop is deesdae kreatief so leeg, ek kan net sowel my hare blonde dye (with all due respect to natural blondes!) Ek werk weer, ja, maar ek wil nog nie daaroor praat nie. Kyk die kat nog eers uit die boom uit en maak seker dis nie ‘n tierkat met skerp naels nie. Op [...]

Dertien dinge

Ek moes kon raai het ek sny ‘n lat vir my eie gat toe ek die Merrieperd vertel het sy moet ‘n tag maak van haar post. Aangesien sy haar deel nagekom het, moet ek nou seker myne ook doen, voor Krismis kom. Sy het nie gestipuleer hoeveel dinge nie, so ek kies sommer lucky [...]

Son is Vlam

Vlam der vlamme het ge-order dat ek bietjie sy moet wees. Nou ja, Vlam, hier is ek jy  ;-) Vandag is ek plein gatvol vir Afrika en in besonder vir Angola. Dis nou al dae wat die internet soos ‘n plaastelefoon is. Jy sukkel jou moer af om deur te kom en ek is nou [...]

Springbok – Vrydag die 13de

Dis Vrydag die 13de toe ons Namibië toe vertrek. Ek is nogal bygelowig, maar die syfer dertien was nog altyd vir my meer gelukkig as ongelukkig. Ons ry vroeg-vroeg en is net mooi betyds vir ontbyt op Springbok. Van daar is ons oppad Kleinzee toe, waar ons die eerste aand gaan slaap. Nie ek of [...]

In my yskas

…slaap daar vanaand ‘n hele paar van hierdie:   Dis nogal ‘n gebeurtenis, ja. Na DERTIEN jaar is daar vandag weer geduik! En hier waar ek nou sit, ruik my huis soos die see se binnekant. Enige iemand wat wil oorkom vir ete?

Luderitz

Alles loop nog reg (Altyd reg, Toyota!) LOL! Ons is oor die grens by Vioolsdrif (RSA se kant) en Noordoewer (Namibië se kant). Vir wat die mense ons almal snaaks aangekyk het as hulle hoor ons ry met ‘n gewone motor in Namibië, weet nugter alleen. Die enigste grondpad, SLEGTE grondpad, wat ons nog sover [...]

Na Kleinzee

Nog ‘n dag of twee voor ons oor die grens gaan, so ek het darem nog ‘n internetkonneksie. Weliswaar ‘n BITTER stadige een, maar darem. Na net 3 ure se slaap, is ons vanoggend 4 uur op die pad. Gelukkig is die Liefie lief vir bestuur, want toe die son opkom, hik-mik my kop soos [...]

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.