Onthou

Sedgefield, Summer Greens, Akasia Park ‘n boek so lank al toegemaak.   By Waterfront in stof en wind is hy geweeg, te lig bevind.   La Estancia, een koue na-nag uur weet ek, die skrif is aan die muur   Dertig maal in Potgieterstraat sou ek hartskerwe agterlaat   Nou is daar vrede by die [...]

Te lank

Te lank het ek hierdie waansin ingeasem Lewe daarin geblaas dit liefde genoem uit vrees vir alleen wees Die beheer oor my net ‘n illusie ‘n skim van water in ‘n dorre woestyn Ek haal nou alleen asem Die waansin en die woede is verby.

Sommer net

Gister met sonsak loop ek weer al langs die soom van die see   Musiek in my ore wat mensgeluide uitvee   Net die klank van see en wind wat nogtans die pad na my ore vind   Skemer word donker alleen word al een op ‘n strand nou verlate   Eenkant die ewig oneindige [...]

Te laat

Jy was sjarmant, liefdevol, die ware heer, in die openbaar tog so galant. Almal het haar beny, die vangs van die kampus – dit was jy. Ek het geglo jul leef ‘n sprokie Voorbladmateriaal Glanspaar van die jaar Jul suksesse fenomenaal. Tot die oproep daardie nag Nou sit ek in die hof en wag Sy’s [...]

Soms

Soms praat jy sonder om iets te sê Soms sê jy iets sonder om te praat Soms lê jou praat te diep vir woorde Soms lê jou woorde te diep vir praat Wat maak jy met die liefde? Wat maak jy met die haat? Stilbly, praat Liefde, haat Een bly die ander een se maat.

Dis 15 jaar

Ek onthou steeds… die lyne van jou mond die afgrond in jou oë Ek herken jou stap in ‘n ander se lyf Ek herken jou mond in ‘n ander se woorde Ek weet nog altyd waar is jy Die naambord van die dorp skree jou naam vir my Ek het myself daar verban Die keuse [...]

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.