ek het ‘n appeltjie te skil met die son
wil vir hom ogies maak en nie wegdeins
as my sig langsamerhand verduister nie
noodgedwonge sal ek ‘n gidshond touwys
moet maak as voetoorgange my kierang
of blindelings bandopnames van bestsellers beluister
want om net na jou te mag kyk
sonder die opsie van aanraking
is soos om braille op ‘n afstand te lees.
(Erns Grundling)
Sien is glo en voel is wragtig?
Dit wat belangrik is, kan net met die hart gesien word; dit wat regtig saakmaak, kan net met die siel gevoel word…
Baie mooi
Die realiteit? Sien IS glo en voel IS wragtig. Glo DIT eerder, voor jy eendag voor ‘n oop deur van ‘n leĆ« huis staan en roep en nie besef dat die inwoner uitgetrek het nie.