hoe sal ons die spel weer begin
nadat ons die reëls verbreek het
ná skeldwoorde hul gewreek het
op die dubbele omhelsing?
ons noem die liefde graag ‘n spel
so is dit ook gesteld met skryf;
vuriglik bly dit ons bedryf
al maak dit ons bestaan ‘n hel
jy bring my pen in verwarring
met die mate van jou lede
ongerymd maak jy die hede
en tog: by jou soek ek my sin
kom, ons speel dit is ‘n sonnet
wat ten laaste ‘n wending het
(Daniel Hugo)
my ek bly
jou jy se spieël
jou woorde bly
my ek se sinne
net om te weet
dit was daar
dit was eg
is genoeg om
nie te vergeet