Getsemane

Die vrou wat ek nie is nie

wag vir my, wind-af wag sy,

sku in die skadu van ‘n sambreeldoringboom,

skraap sy met haar groottoon

in die stof.

En ek hoef nie te kyk nie want ek weet,

onthou die naaimasjien, die trapvoet

se plief-plif-plof.

Staan stil; die spelde steek, vlek bloed.

Maatband, mousgate, op met die arm dat ma kan sien.

Die kind wat ek nie was nie

wag vir my, wind-af wag sy

met ‘n weerhaan aan ‘n leiband,

met ‘n rokspant, pylnate, bice binding,

knoopsgate.

Kan jy haar nie sien nie?

Sy wag in die tuin

vir haar haan om drie keer te kraai

sodat ek haar nog een keer

kan verraai.

(Angie Kleijn)

Een Reaksie

  1. Van dag een af bly hierdie by my spook. Hoeveel keer maal drie keer moet die haan kraai. Jy het bepaald ‘n vermoĆ« om die gedigte te gaan uitsoek, het jy nie?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.