En toe jy

vir Annemarie

Gekapte wolke knaag

deur die dik koue lug

aan’t flarde woorde val

in ‘n stormsee terug

daar’s ‘n vrou wat stukkend lê

iewers anderkant ‘n brug

(ek moet alweer ‘n nommer

van my selfoon afvee)

en daar’s wolke wat knaag

aan die koue dik lug.

(Braam Smit)

5 Responses

  1. Te diep
    te rou
    te kaal

  2. Kyk net waarop kom ek hier af. Ek ken vir Braam. Het ook vir Annemarie geken.

  3. En ken jy die storie agter hierdie, Sonstudio? Want ek sal nogal baie graag die storie wou weet.

  4. Sal ek dit vandag raaklees. Ek het anderdag geweet ons praat een taal, ja.

  5. Sonkind, ek ken hulle van ons kommune-dae af. Ek het nie vir Annemarie baie goed geken nie, maar het gehoor sy het verongeluk oppad terug Pretoria toe.

    Het vandag eers weer hier by jou skadukolle kom draai, en sien nou eers jy het al laaaaaankal gevra… skies, né!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.