Ek wil

Ek wil hê die aarde moet ophou draai

as ek saam met jou is

 

Ek wil hê daar moet ‘n skietstilstand

in elke oorlog-geteisterde land plaasvind

wanneer jy vir my kyk

 

Ek wil red bull drink en vlerkies kry

sodat ek die man in die maan kan gaan high-five

wanneer jy ongemaklik vroetel

voor jy my iets vra

 

Ek wil jou saamvat hemel toe

en voorstel aan my god

ek is seker dieselfde een het ons nie geskape nie

 

Ek wil so erg myself saam met jou wees

dat my vriende moet sê dat ek anders is

 

Ek wil jou styf vashou in my arms

dan moet jy vir my sê: “Nou is ek vry”

2 Responses

  1. Sonson, hierdie, hierdie lewe soos bloed.
    Ouding gaan net hier stop en net niks verder sê nie.
    Ouding sou vir Benito, Hitler en Bismarck gaan haal om vir jou angeliere te bring; Ouding sou vir Piet die maan en die sterre langs jou laat oplyn; Ouding sou vir Lieze in die Pad kon vooruitstuur; Ouding sou vir jou kon sê eendag, eendag gaan iemand jou Boland toe neem; en Ouding sou kon fluister: mag jou beker van geluk oorloop.
    Maar Ding gaan niks sê nie. Ding bly net dooodstil staan in sy eie vryheid.

  2. So dikwels is die ek wil helemal anders as die ek. Ten minste is gebonde vryheid die enigste ware vryheid.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.