Ek soek jou

ek soek jou
in die glans van ‘n dubbel reënboog na reën

ek soek jou
in geskarrel van die rysmier voor die storm

ek soek jou
in die warreldraai van herfsblare in die wind

ek soek jou
tussen feetjies wat slegs in kleuterverse dans

ek soek jou
in klokkies wat hoog hang aan ‘n silwer maan

ek soek jou
in groen – neon – skyn op middernagbranders

as ek my plaashek mismoedig agter my trek
kom jou brief aangevlieg, in ‘n swartkraai se bek

(Floris A Brown)

3 Responses

  1. Dit is lieflik, lieflik, lieflik!.

    Hoe gaan ek ooit weer sonder sulke lieflike woorde bestaan? Miskien moet ek ook weer begin skryf?

  2. beauti -
    ful

  3. Just wanted to say that I love your blog. You have some real quality information here and its become a bit of a must read for me. Keep up the great work!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.