Bedrewenheid

soms vra ‘n mens vrae – dan weet jy vooraf wat die antwoord is

soms wag ‘n mens vir iemand – wat jy weet nooit sal kom nie

soms sê ‘n mens totsiens – al haat jy die woord

soms aanvaar jy dinge soos dit is – al weet jy dat jy dit kan verander

soms twyfel jy oor jouself – al weet jy waartoe jy in staat is

soms is wat jy het nie genoeg nie – maar soms vra jy nie vir meer nie

(Ronelda S Kamfer)

2 Responses

  1. Ai ja, Sonson – laat hierdie vir ding dink aan stil oomblikke oppie stoep – hoe is dit dat ‘n mens jouself partykeer kry dat jy netnou se vraag weer vra, in die hoop dat die antwoord wat jy ken, dalk hierdie keer ‘n ander antwoord kan he? En dis mos die essensie van hoop – is dit nie – om weet te bevestig, maar eintlik meer dikwels om weet se sekerheid uit te daag.
    En ja, dis nie die woord totsiens nie – dis daai plek waarvan die woord die plekhouer is, wat so moeilik is om in gemaklik te raak – hoe leeg is die plek nie waarvan “totsiens” die woord, die plekhouer is!
    Is dit nie ‘n fyn kuns om jouself te weerhou van verandering waartoe jy in staat is nie? En is dit nie waar nie – is dit nie juis ons eie vermoens wat ons laat twyfel nie? Dit is nie noodwendig dit waartoe ons nie in staat is nie, wat die twyfel bring – dikwels is dit juis dit waartoe ons wel in staat is, wat die groot twyfel aanwakker.
    En ja, om nie genoeg nie te he en desnieteenstaande nie vir meer te vra nie – laat ding dink aan groot meester Leonard Cohen se een liedjie met die ironiese woorde iewers van ‘n bedelaar wat vra: hoekom vra jy vir so baie en die girl wat vra: hoekom vra jy nie vir meer nie…

    Om nie genoeg te he nie, word dikwels genoeg wanneer jy daarby reken die feit dat jy nie vir meer vra nie – Sonson – ja/nee?

  2. En ding vra weer: is dit nie ‘n fyn kuns om jou te weerhou van verandering waartoe jy weet jy in staat is nie?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.